Die digotiese stimuleringstegniek en funksionele hemisferiese asimmetrie
Evaluering van perseptuele, aandags- en geheuemodelle
Bibliographic Data
| ID | 11012009 |
|---|---|
| Authors | M P Wissing (0000-0002-0445-6246, Departement Psigologie, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, Potchefstroom 2520, Republiek van Suid-Afrika, corresponding author) |
| Year | 1988 |
| Volume | 18 |
| Issue | 4 |
| Pages | 115-128 |
| Publication date | 1988-12-01 |
| Peer Reviewed | Yes |
| Open Access | Yes |
| Type | ARTICLE |
| Venue | South African Journal of Psychology (JOURNAL) |
| Journal identifiers | ISSN: 0081-2463 • E-ISSN: 2078-208X |
| Publisher | SAGE Publications (PUBLISHER • US) |
| DOI | 10.1177/008124638801800401 |
| OpenAlex | W2089701976 |
| Language | EN |
| References cited | 64 |
Die laterale responsasimmetrie wat ná digotiese stimulering blyk, is op verskeie maniere verklaar. Dieselfde verklaringskonsepte as wat na aanleiding van bevindinge in die ouditiewe modaliteit geformuleer is, is sonder sistematiese en omvattende evaluering oorgeneem ter verklaring van soortgelyke asimmetrieë in die visuele, taktiele en motoriese modaliteite. In hierdie studie is die vyf mees algemene verklaringsmodelle geïdentifiseer, toetsbare afleidings daaruit gemaak en kernkonstrukte in 'n multifaktoriaalontwerp geoperasionaliseer met die oog op die evaluering van die relatiewe toereikendheid van hierdie modelle. 'n Digotiese syfertoets en vier digotiese woordtoetse is saamgestel. In laasgenoemde is fonologiese en semantiese veranderlikes gemanipuleer. Hierdie toetse is aan 64 persone met hoogs waarskynlike linkerhemisfeerspraaklokalisering onder verskillende aandags- en geheuekondisies gegee. Die oororde en lateraliteit, asook die kanaal van rapportering en moeilikheidsgraad van die taak is sistematies gekontroleer. Die response is op drie wyses nagesien. Toetsing vir betekenisvolle verskille is gedoen. By sowel die syfertoets as die woordtoetse is 'n betekenisvolle regteroorsuperioriteit verkry. Die mate van asimmetrie is nie konsekwent beter by bepaalde vlakke van spesifieke faktore soos deur die differensiële verklaringsmodelle voorspel nie, maar enkele betekenisvolle interaksies tussen veranderlikes kom voor. Die resultate steun die algemene funksionele hemisferiese asimmetriemodel en falsifieer die orde-effekgeheuemodel. Die differensiële geheue-, aandags- en persepsie(moeilikheidsgraad-)modelle blyk ontoereikend te wees ter verklaring van die responsasimmetrieë, maar aandags-, geheue-, en taakmoeilikheidsfaktore asook die interaksie tussen hierdie prosesse speel wel onder bepaalde kondisies 'n rol in die bepaling van die relatiewe grootte van die asimmetrie
Art · Theology · Hearing Impairment and Communication · Neurobiology of Language and Bilingualism · Philosophy · Phonetics and Phonology Research
| Citation velocity | historical |
|---|---|
| Highly cited | No |