Skip to main content

ETHNOS_APP

Home • Search • Journals • List 0

Adam Small (75)

Bibliographic Data

ID10836166
AuthorsHein Willemse (0000-0002-9806-4410, University of Pretoria, corresponding author), Steward Van Wyk (0000-0003-4077-6770, University of the Western Cape)
Year2017
Volume49
Issue1
Pages5-9
Publication date2017-04-04
Peer ReviewedYes
Open AccessYes
TypeARTICLE
VenueTydskrif vir letterkunde (JOURNAL)
Journal identifiersISSN: 0041-476X • E-ISSN: 2309-9070
PublisherAcademy of Science of South Africa (PUBLISHER • ZA)
DOI10.17159/tl.v49i1.2080
OpenAlexW2614876520
LanguageEN
Citations received1

Adam Small het op 21 Desember 2011 sy vyf-en-sewentigste verjaardag gevier. Ter afwagting van hierdie geleentheid het die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in samewerking met Tydskrif vir Letterkunde ’n simposium met die titel “Adam Small: sy lewe en werk” op Vrydag, 7 Oktober 2011 aangebied. In die loop van sy lewe as ’n skrywer en akademikus was Small aan beide die UWK en Tydskrif vir Letterkunde verbonde. Die universiteit is in 1960 te midde van groot politieke omstredenheid opgerig en Small was aanvanklik die enigste swart lektor. In 1973 bedank hy sy pos as senior lektor in Wysbegeerte in simpatie met studente-eise vir ’n aanneemliker onderrigbedeling op die UWK-kampus. In 1984 keer hy terug as professor en hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Twaalf jaar later tree hy uit die diens. Sy verbondenheid aan Tydskrif vir Letterkunde in die vroeë 1960s was van korte duur. Saam met ’n aantal jonger Afrikaanse skrywers wat later as die Sestigers bekend sou staan, was hy deel van ’n nuwe redaksie wat ’n vars benadering in die oudste Afrikaanse literêre tydskrif wou blaas. Persoonlikheidsgeskille met die ouer garde van Tydskrif het egter daarvoor gesorg dat die voorgenome samewerking slegs een uitgawe sou duur. Met hierdie historiese verbintenisse is dit gepas dat die Small-simposium op die kampus van die UWK plaasgevind het en dat die voordragte in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer word

Art · Theology · Lexicography and Language Studies · Philosophy

  • Hein Willemse

    Open Access•Jacomien Van Niekerk•Tydskrif vir letterkunde•2022

Unique citing works1
Citations per year0,25
Citation span2022 - 2022 (1)
Citation velocityhistorical
Highly citedNo
Citation typesNeutral: 1

Tools

Open DOIOpen Access
Ethnos_APP • Open Source Project • MIT License • Frontend v2.0.0 • Privacy and Cookies • API Documentation: api.ethnos.app/docs • API Source Code: GitHub • DOI: 10.5281/zenodo.17049435 • Frontend Source Code: GitHub • DOI: 10.5281/zenodo.17050053 • cruz.rio.br • Expectantes Misericordiae