“So-hede wat die tong uit die mond jaag agter benoeming aan, elke keer weer, tot in ewigheid”
Marlene van Niekerk oor haar skryfwerk
Bibliographic Data
| ID | 20156444 |
|---|---|
| Authors | Willie Burger (0000-0003-1602-6996, corresponding author) |
| Year | 2009 |
| Volume | 25 |
| Issue | 3 |
| Pages | 152-156 |
| Publication date | 2009-09-01 |
| Peer Reviewed | Yes |
| Open Access | Yes |
| Type | ARTICLE |
| Venue | Journal of Literary Studies (JOURNAL) |
| Journal identifiers | ISSN: 0256-4718 • E-ISSN: 1753-5387 |
| Publisher | Unisa Press (PUBLISHER • ZA) |
| DOI | 10.1080/02564710902869393 |
| OpenAlex | W1989926807 |
| Language | EN |
| Citations received | 2 |
Willie Burger: Milan Kundera is liefdaarvoor om te skryf, n.a.v. Bloeh, dat die roman moet ontdek wat slegs die roman kan ontdek. Die roman moet dus volgens hierdie beskouing nie 'n ondersoek van idees wees op dieselfde manier as filosofie nie. Jy kon die keuse maak oto 'n D in filosofie te skryf of 'n roman. Jy het (dankie tog!) die roman gekies. Wat dink jy kan jy deur die roman doen wat jy nie met filosofie sou kon doen nie? Marlene van Niekerk: In die eerste plek dink ek dat ek die skryf van 'n roman bo die skryf van filosofie kies omdat ek myself beter kan verras daarmee. Ek wil verras word. Die filosofietjies wat bokant Triomfhang, net soos die psigologietjies wat bokant Agaat hang is geblaas soos ou gloeilampies. As ek hierdie ideetjies in die instrumentele taal van die filosofie of die diskoers van psigologie sou moes opskryf, sou almal gaap en weggaan en se: Ag nee wat, kom ons vier die nag, kom ons steek kerse op en bedryf die liefde. Fiksielesers hou van die nag. Gelukkig is daar filosowe soos Cioran en Kierkegaard (+diacritics) wat nagfilosfie skryf. Wat die pret, en soms verrukking, en soms iets soos geluk verskaf vir my as skrywer is om konkretiserings en dramatiserings van idees te versin en hulle dan half toeoe agter my eie rug in werking te probeer stel, weird klein masjientjies wat huile eie sout maal. Die konkretiserings (soos die Benades se huis wat raas en blaas en uitmekaarval in Triomf) en dramatiserings (soos die toneel waar Lambert die Superbee skilder) moet nie alleen die sogenaamde idees beliggaam nie, maar moet ook die karakterontwikkeling en die handelingsverloop en die ruimtebeelding dien. Sodra hierdie meganismes van konkretisering en dramatisering so verselfstandig begin raak dat ekself in HULLE diens moet tree, dus agter HULLE begin aanskryf om te sien wat volgende gaan gebeur, dan is ek myns insiens op die regte spoor. Nie dat 'n mens nie uiteindelik moet kies tussen verskillende moontlikhede wat sigself aanbied tydens die skryf nie. So daar is 'n formele struktureringswerk wat moet plaasvind wat mens met die kliewende dagbewussyn moet doen. Ek is dikwels as ek skryf bewus daarvan dat ek in die verskillende ritmes en teksture van die dag en die nag meedein, of miskien verbeel ek my dit maar in 'n aanval van grandiositeit! Maar dis 'n troostende gedagte, die daglewe is die uitputtingslag, die nag is die tyd om jou in die afgronde te verdool. Soos in daardie lied van Brahms: Uber mein Bett erhebt sich ein Baum; die boom waarin, by ons weliswaar nie die nagtegale nie, maar die tarentale, die dolle tarentale, deurnag louter liefde roep! Alles wat ek hierbo gese het is erg moeisaam geformuleer; regte filosowe sal dit veel meer gesofistikeerd kan uitdruk, want hierdie is ook glad nie nuwe idees oor die skryfproses nie. Ek voel altyd dat ek die verkeerde woorde kies as ek begin verduidelik wat ek doen as ek skryf. Ek, as kommentator op my skrywende self, weet nie ailes wat ek doen as ek daar in die warmplek van die skryf self verkeer nie. As ek hier antwoorde gee op jou vrae is ek nie op dieselfde plek skrywer nie as wanneer ek in die nag gejaagd worden en als wolven jagen/achter de taal aan de tong uit de mond/... nergens wonen verdwaasd bivakkeren/tussen klanken van nachtelijke oorsprong (Hans An&eus). Ek probeer trouens so hard as wat ek kan om dan nie alles te weet wat ek doen nie. Ek moedig myself aan om my sogenaamde idees roekeloos in die vuur en in die vloed van taal te gooi en agter hulle aan te spring. Ek gooi die vensters oop vir die bedwelming van die seringe in Oktober, ek speel musiek totdat ek in 'n soort beswyming kom, ek assosieer so vry as wat ek kan. Mens moet so half jou eie sjamaan word om in kontak te kom met die wolwe van Andreus. (Natuurlik moet jy dan soggens met jou redigeerstok die hare en die kwyldruppels en die gehuil na die maan bietjie dresseer.) Skrywers wat alles wil weet (of dink dat huile alles weet) wat hulle doen, is dominees of propagandiste en huile idees staan vierkant in die wei soos koeie van porselein
Art · Theology · Literature, Musicology, and Cultural Analysis · Philosophy
| Unique citing works | 2 |
|---|---|
| Citations per year | 0,14 |
| Citation span | 2012 - 2013 (2) |
| Citation velocity | historical |
| Highly cited | No |
| Citation types | Neutral: 2 |